American Atheists

Logo van die American Atheists 2017.

American Atheists is 'n Amerikaanse organisasie wat hom vir die verdediging van die burgerlike vryheide van ateïste beywer en vir die volledige skeiding van kerk en staat pleit. Die organisasie verskaf sprekers wat by kolleges, universiteite, klubs en die nuusmedia optree en gee ook boeke en die maandelikse tydskrif American Atheist Magazine uit. Die organisasie het tans sowat 2 200 lede, en sy hoofkwartier is in Cranford (deelstaat New Jersey).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search